Oordenking |
Tuis Gunsteling Foto_Album Stokperdjies Grappe Oordenking Afrikaanse skakels
|
Iets om oor na te dink.. (LET WEL: EK VERKONDIG NIE 'N SEKERE DENOMINASIE OF KERK HIER NIE; NET MY GELOOF IN 'N LEWENDE GOD!
Die Bergrede (1) MENIGTE OF DISSIPEL ? In Matteus 5 tot 7 kry ons die Bergrede van ons Here Jesus. Dis al die grondwet van die Christelike Godsdiens genoem ; die Godsdiens wat die verloop van die geskiedienis die afgelope twee duised jaar drasties beinvloed het - in so mate dat die jaartelling wat die hele wereld volg aan Christus gekoppel is. Volgens menslike maatstawwe is dit ondenkbaar dat die getuienis van 'n klompie ongeleerde manne oor 'n gekruisdigde verlosser so geweldige invloed kon uitoefen. Wat is dit wat hierdie boodskap so anders maak? Die Bergrde sal vir ons dit leer. Maar kom ons begin waar Matteus begin as hy vir ons vertel wat Jesus ges� het:Matt 5:1 en 2 Toe Jesus die menigte sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom en Hy het hulle geleer..... Jesus sien die menigte. Hy sien hulle nood. Wat doen Hy? Hy begin om sy dissipels te leer. Die menigte kon ook maar hoor, maar Hy spits hom toe op twaalf manne. Hy het geweet: twaalf manne bereid om alles vir Hom te gee, het baie meer invloed as die menigtes wat passief luister. Hulle kon die w�reld verander deur weer wat hulle beleef het, vir ander te leer. Die vraag is: watter varandering maak Christus vandag in die wereld? Waar daar dissipels is wat Sy boodskap uitleef, is daar n duidelike verskil. Waar net menigtes passiewe hoorders is, sterf die kerk. Dit geld vir enige denominasie. Die menigtes hoor, die dissipels leef en doen wat hulle hoor. Is jy deel van die menigte, of is jy vanoggend dissipel? Hierdie onderskeid loop reg deur die Bergrede en hierdie onderskeid maak die verskil of die Evangelie, die ware Kerk van die Here, en, les bes jy ook, lewe of sterwe. Gebed: Here, help my om vandag n dissipel van Jesus te wees wat Jesus uitlewe. Hier is nog christen netwerk tuisblaaie. Bibleguide.com www.netwood.co.za
|