|   home
Aan die bors van lilil   |   All through the valley   |   A million years and more   |   Behold the storm   |   Bound in the eyes of her Father   |   Burst open your seeds my love   |   Do you know her...?   |   Fire upon a tree   |   Hy is tuis   |   I am fine   |   I feel like a deer   |   Klein skêrtjie in die hand   |   lilli and the twelve baskets   |   lilli en die geknoopte tonge   |   lilli stap die NG-Kerke binne   |   Mmmmm... lilli   |   NO time to play   |   Out of a tiny seed.   |   The day when God cried   |   The last mile   |   The sum
lilli stap die NG-Kerke binne
lilli stap die NG-Kerke binne.  Sy gebruik die sleutels wat Jesus haar gegee het.  Die deur maak sy agter haar toe.  Sy weet sy sal `n rukkie hier besig wees.

Jesus het saam met lilli ingestap.  Hy voel hoe sy Sy hand styf vashou en gee dit `n drukkie.  Ag Hy weet dit is nie omdat sy bang is nie.  Hy ken haar.. Hy voel haar hart.  Dit is omdat sy Hom so vreeslik liefhet.

“More..!”  sê lilli effens harder as wat sy besef het en skrik so bietjie vir haar eie stem.  Sy is nie die enigste een wat skrik nie.   Niemand het haar verwag nie.  Die predikante kyk almal op en sien haar daar staan.   Hulle sien haar vir wie sy is.  Sy staan sterk.  Jesus het haar hand gelos en agter haar ingeskyf.  Hy is met haar en deel haar Sy hart, emosies en gedagtes.  Hy voorsien haar alles.  Hy is haar alles en sy het Hom lief.  

Vir `n oomblik is daar stilte.  lilli hoor Jesus se hartklop en sy verheug haar daarin.  Sy voel hoe Jesus nader tree en dan voel sy Hom teen haar rug.  Hy staan teen haar om haar selfs meer bewus van Hom te maak.  Hy geniet haar liefde en hoe sy voel wanneer Hy haar aanraak.  Hy geniet hoe sy Sy beskermende en ondersteunende teenwoordigheid nou ervaar, want nog nooit het Hy so by haar gestaan nie.

“More..”  sê lilli hierdie keer `n bietjie sagter.  Sy glimlag nie.  Haar asem is effens ingetrek en sy wag.  In haar hart weet sy mos dat Jesus haar nie onnodig in `n plek sal laat instap nie.  Sy weet mos dit wat Hy beplan en voor haar plaas is oorwinning en heerlikheid en vreugde.  Sy ken Sy werke en het Hom al gesien.  Sy weet Hy lewe.  Sy ken Sy lewe want sy is in Hom.

Sy sien die predikante haar nog so bietjie opsom.  Sy sien hoe hulle wesens werk en hoe hulle dink en wat alles deur hulle spoel.  Party van hulle sluk en dan begin hulle beheer kry en sommiges begin groet.  

“More.. more.. more.. more…”  Daar is baie predikante en `n klomp groet gelyk.  Sy voel hulle in die onderskeiding wat Jesus haar gegee het… in dit wat sy deur die Gees van God ontvang het.  Die meeste voel baie lekker en goed.

lilli stap vorentoe en begin praat.  Haar stem is sterk en haar woorde duidelik.  Net soos dit haar gegee word, so gee sy dit.  

“Jesus het my gestuur..” sê sy  “..om onder julle te werk.  Ek sal vir `n tydjie hier wees en dan sal ek voortgaan.  Wat ek het om te gee is kosbaar en nodig vir die tyd wat kom.  Die wat my ontvang, ontvang die Een wat my gestuur het.  Die wat my verwerp sal die pad stap wat ek gestap het.”

Sy is stil vir `n klein rukkie en kyk elkeen in die oë.  Sy is vreesloos en sommige skrik effe… ander weet waarom - dis mos oor Jesus..!  Dan gaan sy voort en haar stem klink helder deur die vertrek.  

“Wat ek het om te gee is voorbereiding.  Elkeen het dit nodig.”  Met die woordjie   elkeen   dring lilli in tot binne in hulle harte.  Tot daar waar sy Jesus sien sit… tot daar waar sy weet haar werk is.  Sy het al geleer hoe om in te gaan.  Sy stap net in.  Haar Here omring haar… Sy liefde vul haar.  Sy ganse wese roep haar.  Sy het Hom lief.

Sy stap jou werklik waar in tot in die middel.  Sien.. omdat Jesus daar is.. daarom het sy toegang.  Omdat Hy haar stuur.. daarom moet sy gaan.  Omdat Hy wil… daarom doen sy dit.  

Sy voel haar hart vul met tendere teerheid.  Sy voel haar Here en haar Meester.  Sy ken Hom en waar sy Hom voel herken sy Hom.  lilli draai haar effens om in Jesus se oor te fluister.. sy is opgewonde  “Ek voel U hierso Jesus”  sê sy.  Jesus glimlag en fluister terug in haar oor.  “Wat het jy dan verwag..?”  Sy stem is sag en Sy woorde nog sagter.  Alles aan Hom is sag en heerlik.  Sy weet nie wat sy verwag het nie…  Maar hoe dan nou anders..?

Sommige van die predikante begin met haar praat.  Sommiges gaan aan met hulle werk.  Sy weet dat sy elkeen sal aanraak en sy weet haar aanraking is haar Meester.  Sy weet dat Hy `n tyd het vir alles en sy weet dat Hy `n tydjie uitgesit het vir elkeen van hulle.  

Ja, sy weet baie dinge want Hy deel baie met haar, maar daar is dinge wat sy nie weet nie.. soos… dit wat sy nou gaan ontvang.  Nooit sal sy voorbereid kan wees op dit nie en nooit kon sy daaroor droom nie.  Nooit het sy dit verwag nie en nooit geken nie.  Nooit sal sy ophou om haar God en Meester… haar Here daarvoor te prys nie.  

Groot.. Groot is Sy liefde en Heilig Sy ontferming.  Magtig Sy werke en heerlik Sy teenwoordigheid.

In haar hart gee Jesus `n duisend rose.  Genoeg vir elkeen van die predikers.  Die rose wat Hy gee is lewendig en vars.  Hulle is al effe oop en daar is vars dou-druppels op.  Jesus het hulle self gepluk.  lilli weet waar… sy het al saam met Jesus in die tuin gewandel.  In die hartjie van elke roos het Jesus `n soen geplaas.  Een van Sy soene.   Hoe kosbaar `n soen van Jesus..!

Die predikante raak aan die praat en sy raak effe deel van die gesprek… alhoewel sy nie saampraat nie.  Sy voel die woorde om haar spoel en sonder dat enige een dit agterkom,  stap sy tot presies in die middel van die vertrek.  Daar gaan sy staan en strek haar arms uit na die Hemel.  Sy loof haar God.  Sy bring Hom eer.  Ja.. sy het geleer om Hom lof te gee voor sy die oorwinning, genesing, herstel en wonders sien.  Sy het geleer dat Hy goed is.  Sy het geleer dat waar sy haar ookal bevind… daar ontvang sy wonderlike dinge en die kosbaarste van alles is Sy heerlike teenwoordigheid.  Al hierdie dinge het sy geleer en omdat sy weet dat watookal gaan wees… goed sal wees… weet sy dat sy Hom solank al kan begin loof.  Ook wil sy want dit is vir haar lekker.

Hulle sien haar nie in `n duisend sirkels draai nie.  Hulle hoor nie haar lofsang nie en hulle sien nie haar vreugde nie.  Ag hoe jammer dat hulle dit nie kon aanskou nie want dit was voorwaar `n glinsterene gesig.. maar haar Meester het haar afgesonder.  Sien… sekere dinge is net vir haar… sekere dinge het Hy uitgesit om net met haar te deel… hoekom..??    Omdat Hy wil.amen.

Groot is die Here van die Hemel.  Heilig Sy Naam.  Heilig Heilig Heilig Grote God Almagtig.  Heilig.amen

Nadat lilli God geloof het en Hy al die lof wat Hy waardig was uit haar uitgetrek het, stap sy na waar Jesus sit.  Sy gaan voor Hom kniel en soen Sy voete.  Sy is effe moeg nou.. hierdie groetery was sowaar `n gedoente.  lilli dink daaraan om sommer so met haar kop op Jesus se voete te rus, maar Hy roep haar en wanneer sy opkyk trek Sy heerlike glimlag haar nader.  Sy klim op Sy skoot en maak haar kop rus op sy bors.  Daar waar sy Sy hartklop kan hoor en voel.  Daar waar sy voel of sy binne-in Sy hart lê.  Daar maak sy haar oë toe en laat toe dat Sy ganse wese deur haar spoel.  Sy word verfris en gegee alles wat sy nou gaan nodig kry.  Terwyl die predikante besig is om te gesels en te praat… en ja… te redeneer… praat Jesus met haar… reg binne-in haar hart in praat Hy.  Hy vertel haar baie dinge en wys haar baie dinge.  Hy gee haar haar opdragte en vul haar met genoeg liefde… wel… so bietjie meer as genoeg.  Hy weet hoeveel sy nodig het, maar Hy weet ook hoeveel sy sou wou hê.  Daarom gee Hy haar dit wat Hy wil.. so bietjie meer as genoeg.

Hy het haar lief.  Terwyl sy so op Sy bors lê, is Sy oë op haar gesig.  Sy liefde vir haar spoel deur Hom en Hy streel haar saggies op die wang.  As sy maar kon besef hoe lief Hy haar het.  Ag Hy weet dat sy weet dat Hy haar liefhet, maar hy weet ook dat sy nog geen benul het hoeveel nie.

Wie ken van die hart van God.  Wie ken van die begeertes van God.  Wie ken God.  Wie ken Sy liefde.  Wie ken Hom.  Wie gee om..?

Ek vra… want ek wil weet.