|   home
Aan die bors van lilil   |   All through the valley   |   A million years and more   |   Behold the storm   |   Bound in the eyes of her Father   |   Burst open your seeds my love   |   Do you know her...?   |   Fire upon a tree   |   Hy is tuis   |   I am fine   |   I feel like a deer   |   Klein skêrtjie in die hand   |   lilli and the twelve baskets   |   lilli en die geknoopte tonge   |   lilli stap die NG-Kerke binne   |   Mmmmm... lilli   |   NO time to play   |   Out of a tiny seed.   |   The day when God cried   |   The last mile   |   The sum
Aan die bors van lilil

Lilli prys haar Here...
om haar in die natuur hoor sy die lewe...
hoor sy die skepping saamsing.
Voorwaar haar God is groot.

Sy het lank gerus na sy die bande losgesny het.
Dit was voorwaar 'n groot werkie.
Sy was moeg,
maar in die arms van haar Beminde
het sy rus gevind en is sy versterk.

Daar is 'n klop aan die deur.
 Lilli is nog in haar binnekamer
saam met Jesus waar sy verkwik was.
 Die deur gaan oop en dis engele van God.
 Heilige werkers.
 Hulle bring haar die baba's van die gemeente Mooifontein.
 Verras spring sy op, maar Jesus wys haar om terug te lê.
 Die engele sit die baba's aan haar bors en gretig begin hulle drink.
 Haar melk is ryk en voedsaam
en sy sien die krag en lewe deur die kleintjies vloei.
Opgewondenheid vul haar...
 en ook dankbaarheid terwyl trane in haar oë vorm.
"Jesus..."  sê sy   "hierdie is die grootste voorreg ...  Dankie."
Jesus glimlag en lilli weet Hy voel haar hart.
 Hulle is een... waarlik een.
Twee trane van dankaarheid drup van haar wange
 en elk val op 'n ander baba.
 Nadat hiedie tweetjies gedrink het,
 word hulle deur die engele opgedra na die Vader.
 Daar gaan spesiale seëninge aan hulle gegee word.
 Hulle sal ook vinniger groei as die ander.
"Eer aan die Vader in die Hoogste Hemele..!"

Die baba's drink almal tot hulle versadig is en aan die slaap raak.
 Daar is genoeg vir almal en geeneen word afgeskeep nie.
 Hulle word gevul met vrede.   Hulle word omvou met liefde.
 Aan elkeen word 'n steentjie gegee... 'n klein klippie.
"Kosbaar..!" hoor hulle 'n stem uit die Hemel...
 "Kosbaar is elkeen van hulle."

Wanneer elkeen rustig en aan die slaap is,
neem die engele hulle weer uit.
 Jesus verduidelik dat hulle nou slaap en so vredevol lyk,
 maar spoedig gaan hulle opspring met nuwe krag en nuwe lewe.
Hulle gaan gou gereed wees vir waartoe hulle geroep is.
 Hulle sal wèl vir nog 'n voeding kom... maar eers oor 'n paar maande.
"Nuwe dinge is op pad My beminde Bruid."
sê Jesus terwyl Hy lilli aan haar hand neem
 en die vrugteboorde instap
 sodat sy die voeding in haar liggaam kan terugsit.

"Vreugde op vreugde...!"
 jubel lilli wanneer hulle later terugstap in die skemering.
 'n Nuwe nag is op pad... 'n nag van liefde sal dit wees.
 Ja, die nagte van angs en skrikwekking is vir ewig verby...
 nou is die nag wat voorlê
 gevul met die hoogste, heiligste en mees reine liefde.
 Die Liefde van God.amen.
"Dankie Jesus.".... amen.