| home
Aan die bors van lilil | All through the valley | A million years and more | Behold the storm | Bound in the eyes of her Father | Burst open your seeds my love | Do you know her...? | Fire upon a tree | Hy is tuis | I am fine | I feel like a deer | Klein skêrtjie in die hand | lilli and the twelve baskets | lilli en die geknoopte tonge | lilli stap die NG-Kerke binne | Mmmmm... lilli | NO time to play | Out of a tiny seed. | The day when God cried | The last mile | The sum
Klein skêrtjie in die hand
Nadat lilli al die mense in die gemeente se tonge losgeknoop het,
stap sy terug na Jesus toe.
Sy is effe moeg en het 'n paar dinge gesien wat nie te mooi gelyk het nie.
Wanneer sy by Hom aankom,
klim sy sonder versuim op Sy skoot en sit haar kop styf teen Sy bors.
Sy hoor Sy hartklop en voel die krag in haar invloei.
Sy voel Sy liefde en die heerlikheid
want Hy het Sy arms om haar gesit en hou haar styf vas.
Sy kreun saggies...
dankbaarheid spoel deur haar en heerlikheid omring haar.
"Ag hoe lekker.." sê sy en lig haar kop om in haar Beminde se oë te kyk...
Sy glimlag op haar verbly haar hart selfs meer.
"Geen einde aan U liefde nie..."
sê sy en lê weer terug om Hom 'n drukkie te gee.
Hier lê lilli tot sy genoeg krag en sterkte het
om weer voort te gaan met wat haar Meester van haar verwag.
Ja... krag en sterkte,
maar ook het sy lank genoeg gebly om self versadig te raak
van Sy liefde en teenwoordigheid.
Soms dink sy dat sy nooit genoeg sal kry nie,
maar sy weet dat Hy tog haar tevrede maak
sodat sy kan gaan om te doen wat sy moet.
Wanneer sy opstaan,
neem sy 'n klein skêrtjie van die tafeltjie af
en stap weer na die gemeente Mooifontein toe.
"Baie, baie bande..." dink sy terwyl sy soontoe stap.
So baie wat sy gesien het.
"Wel... dis nou iets van die verlede.." sê sy hardop
en 'n effense glimlag krul om haar mond.
Ja... sy weet dis iets van die verlede.
Wat Jesus losmaak... is in ewigheid los.
Sy voel opgewondenheid in haar opwel
en die vreugde skyn in silwer-strale deur haar gesig...
Hierdie keer stap lilli van huis na huis.
Sy sny die bande van die mense se hande en voete af.
Sy sny die bande van hulle lewens en huise en besittings en geld en diere...
alle bande wat nie van haar Meester is nie... sny sy af.
Selfs in die natuur raak sy 'n paar dinge aan.
Sy voel haar vingers al seer raak, maar niks hinder haar nie.
Sy weet... dit gaan maak dat Jesus haar vingers soen
wanneer sy weer by Hom kom.
Aangesien Jesus haar oë oopgemaak het,
is daar jou werklikwaar nie eens een band wat sy mis nie.
Aangesien Hy haar gesalf het om harmonie voort te bring,
mis sy niks.
Hy is dan tog immers die Gesalfde
en dit wat Hy salf en uitstuur
sal verrig Sy wil en begeerte.
"Hoe Heerlik Heer is U begeerte.." sê sy hardop.
Sy weet haar Minnaar hoor haar.
Sy weet Hy volg haar elke treë en beweginkie.
Sy weet Hy beskerm haar.
Sy ken Sy begeerte.
Saggies sing sy 'n liedjie tot eer van Sy Naam.
"Verheerlik Hom in die hoogste
Verheerlik Hom in die hoogste
Verheerlik Hom in die Hoog-ste
Prys Sy Gro-te Naam."
Dis 'n eenvoudige melodie met min woorde,
maar die volheid vloei uit haar binneste
en vul jou werklikwaar die hele gemeente.
Almal word gelig deur die woorde
wat die Soete Heilige Gees in haar hart wek.
Sommige prys selfs Sy Naam
vir die vervrissing wat Hy bring.
Loof Hom... want Hy is Groot..!
|
||