| home
Aan die bors van lilil | All through the valley | A million years and more | Behold the storm | Bound in the eyes of her Father | Burst open your seeds my love | Do you know her...? | Fire upon a tree | Hy is tuis | I am fine | I feel like a deer | Klein skêrtjie in die hand | lilli and the twelve baskets | lilli en die geknoopte tonge | lilli stap die NG-Kerke binne | Mmmmm... lilli | NO time to play | Out of a tiny seed. | The day when God cried | The last mile | The sum
lilli en die geknoopte tonge
Lilli het 'n rukkie op Jesus se skoot gesit en gesels...
toe stap sy oor na die gemeente Mooifontein toe.
"Wat is fout?" vra sy.
Sy sien hoe die gemeente hulle monde oopmaak om haar te andwoord en… o wee... hulle tonge is almal geknoop.
Lilli stap nader en gaan by elkeen van hulle aan en knoop hulle tonge los.
"Daarsy nou... " sê sy.
"Dit sal nou beter voel en dan kan julle weer praat."
Soos sy hulle tonge losknoop, stuur sy hulle een-een na Jesus toe.
In haar hart weet sy dat Jesus hulle oop-arms ontvang.
Ja... sy ken Sy liefde.
Sy ken Sy omhelsing en sagte soene.
Sy weet Hy sal geduldig luister terwyl die gemeente met vryheid
hulle harte op Hom gaan uitstort...
sy weet ook dat Hy hulle saggies sal vashou
en kosbare drukkies gaan uitdeel.
Sy weet... want sy ken Hom.
Ja... sy het Hom lief.
|
||