| home
Dis nou die tyd. | Dit is | Doen jou werk | Drie duisend jaar presies | Een maal | Een maal dertien | Ek bid 'n siel | Ek het maar net | Ek pleit | Ek sal jou dra | Ek sê vir jou | Elk-een | Gaan jy stilstaan...? | Gee my 'n kans | Geen pyn | Gerwe van Goud | Glorie-ryke Prag | Grote God | Hoe kan ek | Hoe soet | Hoeveel | Hy het belowe | In die Here | In liefde | Jesus bemin my | Kleine klippie | Kompos | Kom ruk ons | Lank terug | Loof Hom in die Hemele | Maak seker | Mag Hy wees alles | My Rose | Na aan U sy | 'n Ewige jaar | Niks meer nodig | Nog maar altyd | Nuwe blare | Ons Brug | Onthou dit | Ook vir jou | Op die oog-af | Op die snykant | Reinig, suiwer, louter | Slegs deur Jesus | Soek harder | Solank | So sal jy wees... | Tussen die mense | U wil vir my | Verrassings | Voor Hy kom | Waar | Waarheid maak vry | Want Jesus het opgestaan | Werk vir Jesus | Wie is jy | Witter as sneeu | Word soos Jesus
Loof Hom in die Hemele
Nooit was `n meisie dors nie
Nooit het sy geskree
Nooit gewag sonder rede
En nooit trane af gevee
Nooit was daar weemoed
Nooit heimwee
Nooit het sy ooit gewonder
Oor die hemelse wee
Nêrens was daar vir haar redding
Nêrens waarheid gegee
Wie sal nou ooit kan weet
Wat Jesus haar nou gaan gee…?
Die Here van die Leërskare
Die Koning van die konings
Die Een bo elk en almal
Het Homself so pas aan haar gegee
Loof Hom in die Hemele
Loof Hom in die see
Loof Hom in gans die heelal
Want Sy liefde het Hy gratis gegee
Sonder berou en twyfel
Sonder te blink of te bloos
Sonder om eens te aarsel
Het sy begin om Hom te loof
“Loof Hom in die Hemele
Loof Hom in die see
Loof Hom in gans die heelal
Want Sy liefde Het Hy my gratis gegee”
|
||