|   home
Dis nou die tyd.   |   Dit is   |   Doen jou werk   |   Drie duisend jaar presies   |   Een maal   |   Een maal dertien   |   Ek bid 'n siel   |   Ek het maar net   |   Ek pleit   |   Ek sal jou dra   |   Ek sê vir jou   |   Elk-een   |   Gaan jy stilstaan...?   |   Gee my 'n kans   |   Geen pyn   |   Gerwe van Goud   |   Glorie-ryke Prag   |   Grote God   |   Hoe kan ek   |   Hoe soet   |   Hoeveel   |   Hy het belowe   |   In die Here   |   In liefde   |   Jesus bemin my   |   Kleine klippie   |   Kompos   |   Kom ruk ons   |   Lank terug   |   Loof Hom in die Hemele   |   Maak seker   |   Mag Hy wees alles   |   My Rose   |   Na aan U sy   |   'n Ewige jaar   |   Niks meer nodig   |   Nog maar altyd   |   Nuwe blare   |   Ons Brug   |   Onthou dit   |   Ook vir jou   |   Op die oog-af   |   Op die snykant   |   Reinig, suiwer, louter   |   Slegs deur Jesus   |   Soek harder   |   Solank   |   So sal jy wees...   |   Tussen die mense   |   U wil vir my   |   Verrassings   |   Voor Hy kom   |   Waar   |   Waarheid maak vry   |   Want Jesus het opgestaan   |   Werk vir Jesus   |   Wie is jy   |   Witter as sneeu   |   Word soos Jesus
Dis nou die tyd.
Dis nou die tyd

    Was jy al alleen gewees.. alleen in die donker nag?
Was jy al verlore.. verlore in die helder dag?
Het jy jou pad al teruggevind.. of is jy gevind deur die Heer…
Wat nou ookal jou andwoord is, dis tyd om die Here te eer..!

Neem nou gou jou Bybel op.  Verdiep jou in gebed.
Vertel jou vriende van jou God.  Moenie stil lê op jou bed.
Bring maar jou gawes na jou Heer… Hy sal dit vir jou volbring..
Wat ookal jy nou gaan doen…  doen dit in God se kring..!

Het jy al in stilte… gekyk na die skepping se prag?
Het jy al gekyk na die sterre… die wonder wat blink in die nag?
Het jy al geluister na die donder… se stormende mag?
Het jy al ooit gewonder… waar eindig God se krag???

Het jy al geroep teen die berge..
en die andwoord in die vêrte gehoor?
Het jy al gestap op die strand… en die see in jou ore gehoor?
As jy dan nou na God verlang… As jy wil Hê Hy moet hoor…
Moet jy net kniel en in stilte… Hom vra om jou aan te hoor.

Dis NOU die tyd om te jubel.  Dis nou die tyd om te eer..!
Dis Nou die tyd om ons Meester se wondere te vereer
Moet dan nie tuimel en wag nie.  Moet dan nie slingerend loop
More kan dit dalk te laat wees -
Dis nou tyd… om die tyd uit te koop..!