| home
Daily | Gedigte
Gedigte
As Jesus klop aan die deur van jou hart…
Moenie bly kyk na eie pyn en smart.
Stap na die deur toe… laat kom Hom tog in..!
Jou lewe het pas… nou net eers begin.
Sou jy wonder en dink en wik voor die deur…
Sou jy twyfel… of jy van Hom sou kon leer.
Sal jou kanse verbygaan… jy kragte verloor..!
Geen liefde van Jesus… om jou te bekoor.
Die klop aan die deur sal spoedig vervaag…
So ook jou soeke om Hom te behaag.
Jou lewe sal leeg wees… jou vreugdes… so min
Dis nou tyd om jou lewe… van voor te begin.
Het jy My lief bo alles?
Kan jy My eerlik sê?
Is daar werklik niks op aarde
Wat jy bo My wil hê?
Ek het U lief bo alles!
Ek kan U eerlik sê.
Daar is geen niks op aarde
wat ek bo U wil hê!
Bemin My, My kind, bemin My
Die res sal Ek dan vir jou gee
Bemin My en stel My eerste
Van bo, sal Ek alles jou gee
My liefde vir jou is groter
As die diepste en wydste blou see
Al wat Ek jou vra, is bemin My
My liefde wil Ek vir jou gee
Selfs dinge wat geen mens kan raam nie,
Die dinge wat nooit, ooit kan wees,
Geen niks is buite My hand nie,
Bemin My, bemin My alleen!
(lied)
Blye boodskap… engele sing
Jesus die leidsman gaan vreugde bring
Blye boodskap… engele juig
Jesus' oorwinning is getuig
Blye boodskap… engele sing
Vreugde op aarde… blydskap gebring
Blye boodskap… engele juig
Vreugde op aarde… almal getuig
Blye boodskap.. engele sing
Blydskap en vreugde in wyere kring
Blye boodskap… engele juig
Vrede op aarde…
Vrede op aarde
Vrede op aarde
Daar's `n lied in my hart en kan jy dit glo…
Ek wil dit laat opstyg tot die hemele bo
Al my hartseer en smart het gewyk uit my hart.
Al die pyn en verdriet, het verdwyn in die niet..!
Ek het vreugde gevind in Jesus my Heer.
Hy't my trane gebind… Wie kan my nou keer?
Kom deel in my vreugde, kom deel in my hart..!
Gee Jesus jou lewe, gee Jesus jou smart.
Kry `n lied in jou lewe, kry `n lied in jou hart
Laat jou lied dan ook opstyg… tot in God'like Hart.
Daar was 'n dag, lank lank geleë
Die dag was mooi en goed bestee
Min gewerskaf, min gesweet
Min het hulle geweet.
Daar was 'n kindjie klein en teer
Daar was 'n bab'tjie soet, dog seer
Swaar was sy lyding seer sy hart
Sy moeder het gesit in diepe smart
Daar was 'n dag, lank lank geleë
Daar was 'n wynstok goed geleë
Daar was 'n wingerd en daar was 'n man
Daar was 'n duisend perde beman
Daar was 'n dam en daar was 'n see
Daar was 'n herder met 'n koppie tee
Daar was 'n doring daar was 'n vlees
Daar was oorwinning in daardie dag gewees
Hierdie dag was nie sonder rede nie.
Hierdie dag was daar gesit vir oorwinning.
Alles was presies soos God dit wou gehad het.
Groot is vandag.
Groot is vandag.
Groot is ons God.
amen
Enige Heiland, my roepstem tot U
Niks na die wêreld… alles slegs U
In U, en deur U… en tot U alleen…
My roepstem, Heer Jesus… tot U alleen.
Weerklink deur die wêreld, weergalm oor see
My roepstem tot Jesus… kom deel ons tog mee…
Die diepte van kennis, die waarheid volstrek.
Kom gee aan U kinders, deur duister betrek.
Heer Jesus..! ... Heer Jesus..! ...My roepstem verrys..!!
Verlig hierdie wêreld in sonde ver-ys!
Kom vloei met U Gees, bring warmte, bring hoop.
Kom wys ons... die enigste pad om te loop.
Skuldig voor die Vader staan ek,
Dankbaar... oor die Kruis se werk.
Jesus liefde was voorwaar ja,
Beter... as ons speel-speel kerk
Tog so diep in jammer-laagte -
Voel so vêr-vêr teruggetrek.
Kan God my dan tog nog liefhê?
Sal ek nog vir Hom kan werk?
Ek het so nodig Hemel Vader,
Dat U my noem... My liewe kind.
Ek wil so graag nog, voel o Jesus...
Dat ek steeds is, aan U gebind.
In Liefde sal ons nooit-ooit skei nie.
Jy is en bly My liewe kind.
My engele voer `n woeste oorlog...
Vir jou bestaan My liewe kind.
Al is jy van niks bewus nie,
Al voel jy vasgevang en vêr...
Wees verseker... die Goeie Herder...
Hoor altyd Sy skapies blêr!
Die Here groot bo almal
Gee aan ons Sy krag
Leer ons van die heelal
Toon aan ons Sy mag
Die here van die Heelal
Leer ons om te leef
Lei ons in Sy waarheid
Laat ons na Jesus streef
Die Here van my lewe
Gee aan my krag
Te doen wat Hy wil hê
Met sagtheid en met mag
Die Here groot bo almal
Is my strewe dag en nag
Uit Sy hand, O Godgegewe
Vind ek liefde, rein en sag
Die Here groot bo almal
Voorsien my van elke vraag
Is die Amen op my bede
en die Een wat my maak slaag.
God se liefde vir jou is groot jong…
HEL-groot… in jongmens-taal..!
God se liefde is egter groter,
Kan nie beskryf word… in enig' taal.
Die wydte van die heel-al…
En sestig… maal sestig maal…
Is die eerste meter van die mate…
Maal duisend… der duisend maal…!
Hierdie klink vir jou na woorde…
Maal wat die… en… maal der maal…
Besef jy vriend..! God praat met JOU jong..!
Hierdie… en daardie… man, elke mal.
“Vir jou… het Ek lief…” sê die Here…
“net vir jou… meer, as die hele maal…
Draai nou om… kom vat My liefde…
Alles vir jou… kom geniet die hele maal.”
Hoe kom ons tot kalmte in 'n wêreld vol haat..?
Hoe kom ons tot vrede in 'n tyd vol geweld..?
Oorloë en dood, moord en gifsaad
Dan ook bedrog en ure van praatjies oor geld
Mis ons dit alles...? Kyk ons dan skeef..?
Besef ons dan geeneen dat Jesus werklik leef..!
Dra ons nog kruise, of lê ons in die graf..?
Of bly ons in Getsemane en hou aan om onsself te straf..?
Ek bid U my Vader, in Jesus se Naam
Vir elkeen van U kinders wta U roep op hul naam.
Ek bid dat hul sal sien en weet en beleef
Dat Jesus werklik op is... dat Jesus werklik leef..!
Draai dowwe oë weg van die wêreld na Jesus Homself
Laat ons kyk en kan sien deur die kruis... deur die hemel-gewelf...
na waar Jesus sit... aan die regterhand van God
Laat beleef ons die oorwinning.. van die eerste gebod.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||